Die bedieningspan in Lux Mundi bestaan uit al die voltydse geestelike werkers in diens van die gemeente, met ander woorde, die dominees en ook ander geestelike werkers. Ons eerste taak is om die bedieninge van die gemeente te lei, te ondersteun en te bemagtig om hulle roeping na te kom.
Om dit te kan doen, is goeie kontak noodsaaklik:
- Eerstens met God self wat ons vir hierdie taak geroep het. Hy is die Een wat ons koers aandui.
- Goeie kontak met mekaar is ononderhandelbaar sodat ons altyd in dieselfde rigting trek en mekaar aanvul en ondersteun op hierdie pad.
- Verder moet ons ook gereelde kontak behou met ons medewerkers in die bedieninge. Julle is ons vennote sodat ons God se roeping vir die gemeente kan uitvoer.
- Kontak met ons lidmate is ook vir ons belangrik: om geestelik te begelei en te versorg.
- En dan ook kontak met die omgewing waarin ons ons roeping moet uitleef. Ons bestaan immers nie vir onsself nie, maar om lig vir die wêreld te wees.
Die Bedieningspan van Lux Mundi is hier om te DIEN. Dit is die manier hoe hulle vir Jesus volg. Jesus het immers van Homself gesê dat Hy gekom het om te dien, nie om gedien te word nie, en dit is wat die predikante van hierdie gemeente ook wil doen. Omdat ons wil dien, kan baie van ons werk beskryf word as om "onder julle te wees":
- ONDERRIG uit die Woord deur prediking, Bybelstudies, groeigroeptemas en in persoonlike gesprekke.
- ONDERSKEI (saam met die ander leiers) wat die Here se wil vir die gemeente is.
- ONDERSTEUN die bedieninge en hulle leiers.
- ONDERVANG nuwe (en bestaande) lidmate sodat hulle 'n plek kry in die gemeente as geloofsfamilie en in die bedieninge.
- Verskaf 'n geestelike ONDERBOU vir gemeentelede deur as mentors op tree op jou geloofsreis.
- ONDERSKRAAG mense in nood of met persoonlike vrae deur pastorale sorg.
- Die belangrikste van die Bedieningspan se ingesteldheid is egter dat hulle geheel en al ONDERGESKIK is aan die wil van die Here vir hulle lewens.
Die waardes waarvolgens die Bedieningspan werk:
- Ons spandeer tyd en energie daaraan om goeie verhoudings te bou en in stand te hou.
- Ons is nie bloot kollegas nie, maar dra ook mekaar se belange op die hart.
- As ons nie saamstem oor iets nie, praat ons dit uit.
- Ons spandeer tyd om die Woord.
- Ons spandeer tyd aan gebed: vir mekaar en vir die gemeente.
- Ons is daarop ingestel om mekaar te laat slaag.

Leierleraar, Erediens en Geloofsvorming
Adres: Edgarstraat 593, Garsfontein
Tel: (012) 998 9937
Sel: 083 608 4111
Faks: (012) 993 0093
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Bedieninge:
Leraar: Groeigroep- & Inkom- & Gebedsbediening
Adres: Martha Smithstraat 450, Garsfontein
Tel: (012) 361 9965
Sel: 083 222 6017
Faks: (012) 993 0093
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ds. Sebastiaan van Dyk
Bedieninge:
Leraar: Uitreik, Gesinne, Jeug en Jongvolwassenes
Adres: Boardwalk Meander Estate, Olympus
Tel: -
Sel: 079 499 8790
Faks: (012) 993 0093
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
DEELTYDSE LERAARS
Ds. Paul Lübbe
Bedieninge:
Pastorale bedieninge, Senior lidmate
Tel: (012) 567 6878
Sel: 082 776 0851
Faks: (012) 993 0093
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
KINDERWERKER
Rayline Coetzee
Bedieninge:
Kleuter-, Kinderbediening
Tel: (012) 391 9965
Sel: 082 924 6401
Faks: (012) 993 0093
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.