4C is 'n tuiste vir matrieks, studente en jong werkende volwassenes.
Ons kuier Sondae aande lekker rustig in die Bo-saal, terwyl ons heerlike koffie en eetgoed geniet! Hier ontmoet ons nuwe mense en maak weer kontak met ou vriende.
Dit is hier waar ons as 'n geloofsfamilie kan oop wees oor ons geloof, vrae kan vra en stories kan deel sonder enige pretensie. Hier dien ons die Here saam en ontdek die pad wat Hy klaar vir ons uitgelê het.
4C reël ook lekker aktiwiteite en 'n heerlike kuier-kamp so wees op die uitkyk vir dit!

Kom besoek die bosaal en word deel van ons jong volwasse geloofsfamilie!

Sien jou Sondae aande 19:00 tot 20:00 in die Bosaal!!!
Navrae: Charlize Nel 0714807060 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kontak Ons

Tel: (012) 998 8801
Epos: info@luxmundi.org.za

Eredienstye

09:00 - Diens Gemeentesentrum
09:00 - Diens Oostvalei
09:00 - Kleuters & Dissipelland
15:30 - Erediens in Sepedi & Zulu
17:30 - Graffiti
19:00 - Crew-groepe & 4C

Pharos Bulletin

Gebeds Bulletin

2018 Lux Mundi Jaarprogram Laai kalender af...

Lux Mundi is op verskeie plekke betrokke

Waar jy betrokke kan raak
Lux Mundi is op verskeie vlakke betrokke, plaaslik asook internasionaal.
Jy kan hier onder kyk waar ons ooral betrokke is en ook daar by inskakel.

Snapscan

Algemeen
Dankoffer
Pharos Skenkings
Pharos #geereg